-
Hierdie boeke is saamgestel uit ’n VERSAMELING geredigeerde voetnotas uit Andrew Wommack se Life for Today Study Bible. Elke hoofstuk hanteer ’n ander aspek van geloof. Hoe werk geloof?
-
Moeilike situasies het ‘n manier om die hart bloot te lê. ‘n Krisis – fina-siële druk, gebroke verhoudings, of die dood van ‘n geliefde – kan vir een persoon die einde van die wêreld beteken, terwyl dit vir iemand anders ‘n geleentheid is om die krag van God se Woord te bewys. Wat maak die verskil?
-
In die nadraai van die 2001-terroristeaanvalle op Amerika is die vraag: “Waarom gebeur slegte dinge?” meer as gewoonlik gevra. Ongelukkig bly hierdie vraag dikwels onbeantwoord, of die verkeerde antwoorde word gegee.
-
Die wêreld beleef vandag ’n identiteitskrisis. Die mens is slegs ’n skadu van dit wat God vir ons in gedagte gehad het. Die meeste mense is al vir so lank ongelukkig dat hulle nie weet wat hulle misloop nie.
-
Ons lees nêrens dat Jesus geweier het om iemand te genees nie. In die lig van Jesus se stelling dat Hy niks uit Homself kan doen nie, maar net wat Hy die Vader sien doen (Joh. 5:19 en 8:28-29), is sy dade voldoende bewys dat dit altyd God se wil is om te genees.






