Lesse Van Dawid

R150.00

Dawid is waarskynlik een van die heel bekendste Bybelkarakters. Hy het as ’n skaapwagter...

SKU: AF339 Category:

Description

Dawid is waarskynlik een van die heel bekendste Bybelkarakters. Hy het as ’n skaapwagter grootgeword, die reus Goliat verslaan en was later koning oor Israel. As koning het Dawid ʼn paar ernstige foute gemaak. Hy het die skuld egter nooit op ander mense gepak nie. Hy het verantwoordelikheid aanvaar en die skuld op hom geneem. Dit het gemaak dat hy ʼn man na God se hart was. In hierdie boek sal jy leer dat die Here vir elkeen van ons ʼn goeie plan het. Maar jy kan daardie plan dwarsboom deur aan jou sondige begeertes en drome toe te gee. Daar is egter goeie nuus, want waar die sonde meer word, het die genade nog meer oorvloedig geword (sien Rom. 5:20).

Al het Dawid verskriklike dinge gedoen wat ander mense hulle lewe gekos het, het hy hom bekeer en het hy uiteindelik die Here se roeping vervul. God se genade kan regdeur Dawid se lewe gesien word. In plaas daarvan dat jy jou eie kop stamp, wil Andrew jou aanspoor om uit hierdie lewenslesse van Dawid te leer. Moenie hierdie waarhede ontdek deur dieselfde foute as Dawid te maak nie. Dit is beter om op Dawid se onkoste te leer.

Additional information

Weight 0.268 kg
Dimensions 220 × 140 × 13 cm