Dis Reeds Joune!

R150.00

Dis Reeds Joune! bring die goeie nuus dat God se optrede nie op wat jy moet doen gebaseer...

SKU: AF320 Category:

Description

Het jy al ooit gedink: Wat’s fout met my? Ek doen alles waaraan ek kan dink. Wat moet ek doen om God sover te kry om iets vir my te doen? Indien wel, is jy nie alleen nie. Die meeste Christene vra hierdie vraag, maar bly gefrustreerd met die antwoorde wat hulle ontvang.

Die antwoorde is gewoonlik iets in hierdie trant: As jy ’n bietjie langer en met meer opregtheid bid, ’n bietjie meer vas en elke dag ’n bietjie langer Bybel lees en ophou om jou tyd voor die televisie te mors, sal God jou gebede verhoor. Hy wag net dat jy jou kant bring.

Met ander woorde, die probleem lê by jou optrede. Die feit is, dit kan nie verder van die waarheid wees nie. Dis Reeds Joune! bring die goeie nuus dat God se optrede nie op wat jy moet doen gebaseer is nie; dit is gebaseer op wat Jesus gedoen het. Met die lees van hierdie boek sal jy die nodige kennis ontvang om God te vertrou. Dis net die waarheid wat jy ken wat jou vrymaak!

 

Additional information

Weight 0.343 kg