Die Gelowige Se Gesag

R120.00

Andrew se omvattende studie van die Woord onthul die geestelike impak van jou...

SKU: AF327 Category:

Description

DIE KONTROVERSIËLE ONDERWERP van die gesag van die gelowige in Christus, word vandag wyd in die kerk bespreek. Andrew Wommack, internasionaal bekende prediker, werp vars lig op hierdie belangrike geestelike waarheid wat moontlik alles gaan bevraagteken wat jy geleer het, insluitend:

• As aan gelowiges gesag gegee is, wanneer, hoe en teenoor wie moet hulle dit uitoefen? Moenie sommer net aanvaar wat die antwoord is nie; ontdek die ware slagveld en leer hoe om die ware vyand te herken.

• Die meeste mense glo dat God ons vyand, die Satan, geskep het, maar het Hy regtig? Wanneer jy die antwoord hierop verstaan, sal dit jou vrystel om jou gesag as ‘n gelowige te kan uitoefen.

• Is daar ʼn regmatige plek vir geestelike oorlogvoering soos dit vandag in die kerk verkondig word? Kan gelowiges hulle gesag gebruik om teen die duiwel en sy demone in die lug te veg, of word die ware oorlog in hulle denke gevoer? Die antwoord is ʼn belangrike voorvereiste vir geestelike oorwinning.

Andrew se omvattende studie van die Woord onthul die geestelike impak van jou keuses, woorde en optrede en die invloed wat dit op jou vermoë uitoefen om die Satan se aanvalle af te weer en om God se beste te ontvang. Ontdek die kragtige waarhede agter ware geestelike gesag en verstom jou aan die resultate.

Additional information

Weight 0.376 kg