Gees, Siel en Liggaam E-book (ePub)

R41.00

Het jy al ooit gewonder wat nou eintlik gebeur het toe jy “weer gebore” was? Jy kyk...

SKU: AF318-EP Category:

Description

Het jy al ooit gewonder wat nou eintlik gebeur het toe jy “weer gebore” was? Jy kyk in die spieël en jou weerkaatsing lyk nog dieselfde – jou liggaam het nie verander nie. Jy reageer nog dieselfde op sekere situasies, en gee nog net so maklik in wanneer dit by sekere versoekings kom – dit het ook nie regtig verander nie. Dan wonder jy – het enigiets dan verander?

Die antwoord op hierdie vraag is baie belangrik – veral wanneer ons ’n verhouding met die Here wil hê en enigiets van Hom wil ontvang. As jy dít nie verstaan nie, sal jy altyd twyfel: “Hoe kan God my liefhê?” en “Hoe kan ek enigiets van God ontvang? Ek verdien dit nie – ek is nie goed genoeg nie!”.
Gees, Siel en Liggaam sal jou help om die twyfel en die vrae wat jou geloof probeer vernietig te beantwoord. As jy soms sukkel om van God te ontvang, is hierdie boek ’n moet vir jou!