Die Nuwe Jy & Die Heilige Gees

R130.00

Dit is belangrik om te verstaan wat gebeur het toe jy Jesus as jou Verlosser aangeneem...

SKU: AF323 Category:

Description

Die nuwe jy
Dit is belangrik om te verstaan wat gebeur het toe jy Jesus as jou Verlosser aangeneem het. Hierdie kennis en begrip sal keer dat die Woord wat in jou hart gesaai is, deur die Satan gesteel word. Jou verlossing behels baie meer as wat jy ooit kon dink.

Dit gaan oor soveel meer as net die vergifnis van sondes. Vanuit God se perspektief is dit maar net die begin; ʼn middel tot ʼn doel. Die werklike doel is gemeenskap met Hom. Kom word ʼn dissipel (student en volgeling) van Jesus. Kom vind uit wat Christenskap van elke ander godsdiens onderskei, hoe die Here ons sondes uit die verlede, hede en toekoms sien, en veel meer.

Die Heilige Gees
Dit is onmoontlik om die oorvloedige lewe wat Jesus ons kom gee het, sonder die Heilige Gees te lewe. Voordat Jesus se dissipels Hom ontvang het, was hulle swak en vol vrees. Nadat hulle die Gees ontvang het, het hulle draers van God se wonderwerkende krag geword – en dit is vandag tot ons beskikking.

As jy glo dat die Bybel waar is, moet jy ook glo dat die doop met die Heilige Gees die Here se wil vir almal is. In hierdie boek bevestig Andrew die geldigheid en krag van die spreek in tale; hy skryf oor die baie gawes wat daarmee gepaard gaan, oor ander, minder bekende voordele wat dit inhou en verduidelik hoe jy in tale kan begin bid.

Additional information

Weight 0.155 kg
Dimensions 220 × 140 × 8 cm